BIEBSS.NL ≡ Pool Cue Women Hardcover Book Bazaar Homewares
  • Action & Adventure

  • Tussen Lewe en Dood

Tussen Lewe en Dood

$10.14 $12.37
Elyna Boudin verloor albei haar ouers toe sy net vyf jaar oud was. Haar grootouers, Gunther en Imke Schmidt, neem haar en sy het die voorreg om op die plaas Duwiseb, tagtig kilometer van Maltahöhe, groot te word. Geïnspireer deur die Duwiseb kasteel wat deur ’n baron die vorige eeu vir sy bruid gebou is, gaan studeer sy argitektuur. Deur die jare was haar wens om haar ouers se gedenkplaat te gaan opsoek – dit is geleë in die Visrivier Canyon. Hulle is albei deur ’n swartmamba dood gepik tydens ’n staptog daar. Alhoewel haar niggie Lida en oupa haar afraai om te gaan, beplan sy om nadat sy mondig geword het, die roete te gaan stap en die plek te besoek. Sy beplan alles haarfyn en bespreek haar staptog onder ’n vals naam. Die noodlot slaan toe. Op die derde dag van haar staptog, val sy wanneer sy saam met die ander stappers die redelike vol rivier oorsteek. In die ongeluk beseer sy haar rug en haar kop. Dokter Zeus von Heinitz is die chirurg wat haar by ongevalle inwag en dadelik op haar opereer. Hy is ook die man wat haar meedeel dat sy aan geheueverlies lei en verlam is. Dit laat Elyna sonder verlede, sonder heenkome en verlam … Zeus von Heinitz raak op haar verlief, neem haar na sy huis en versorg haar. Sal sy ooit haar verlede onthou, sal Zeus se liefde vir haar genoeg wees om lewe te kies?
Action & Adventure

Action & Adventure

  • Visarend se Roep
    $17.12 $27.56
  • Bashoek Boek 8
    $22.34 $38.2
  • Sweepslag van die liefde
    $31.76 $61.93
  • Skadu van Onheil
    $78.57 $136.71
  • Bashoek Boek 5
    $25.67 $44.67
  • Hunty Book 1 Operation Gunboat
    $10.65 $15.34
  • Hunty Book 3 Operation Dolphins
    $13.64 $18
  • Tussen Lewe en Dood
    $10.14 $12.37
  • Drama in New York
    $20.01 $25.61
  • Tyd van die Leeu
    $13.89 $25.42
  • Die Verlore Hommeltuig
    $34.41 $47.14
  • Bashoek Boek 7
    $58.27 $102.55
  • Hoonlag van die harlekyn
    $33.67 $65.99
  • Die Snypoort Ridders en die Vuismuise
    $30.43 $57.21
  • Hunty Book 2 Operation Tigers
    $25.19 $30.98
  • Bashoek Boek 6
    $45.84 $75.17

© 2026 - BIEBSS.NL