BIEBSS.NL ≡ Pool Cue Women Hardcover Book Bazaar Homewares
  • Romance

  • Blomme vir Hermien (Groot druk)

Blomme vir Hermien (Groot druk)

$15.82 $19.62
BOEKVERSLAG deur: A. Hills – Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke Wanneer Hermien ‘n aantreklike man op haar ‘vriendin’ se troue ontmoet, sou sy nooit kon raai dat haar lewe koponderstebo gedraai sou word nie. Om weg te kom van haar gewelddadige stiefpa, doen sy aansoek vir ‘n pos ver van hom af – iewers op ‘n plaas. Met haar aankoms op die plaas, kry sy ‘n verrassing. Haar nuwe werkgewer is niemand anders as die aantreklike man wat sy ontmoet het, Thinus, nie. Die vonke spat behoorlik wanneer Thinus aan haar probeer voorskryf wat sy mag dra en pas haar letterlik op. Dan daag George ‘n gewese vriend, en Dolf – Thinus se broer daar op. Allerhande kinkels in die kabels speel hom af, wanneer George by Hermien begin vlerksleep. Vreemde oproepe en verskeie soorte blomme maak saans hulle verskyning op Hermien se bed. Dit maak haar angsbevange – vir wie moet sy vertrou en wat het in Thinus se verlede gebeur? Watter een van die mans hou ‘n bedreiging in vir Hermien en aan wie behoort haar hart? Blomme vir Hermien is ‘n proe-proe lekkerlees verhaal. Mens lees stadig sodat jy niks mis nie, net soos wat jy ‘n koue glasie wyn slukkie vir slukkie geniet. Agatha se skryfstyl is eie-aard en kenmerkend. Dit is ‘n verhaal wat hom leen tot ‘n groeiende en boeiende aksiebelaaide tonele. Sonder om enigsins die spanningslyn of verloop van die gebeure in te boet, is die atmosfeer van hierdie verhaal goed. Dit is waarskynlik juis om hierdie rede die skrywer haarself onderskei as besonders. Om die illusie te skep ten einde die geïsoleerdheid en onvoorspelbaarheid van die karakters in besondere detail uit te pak is verfrissend anders. Agatha se taalgebruik is keurig, beeldryk en stylvol. Selfs die ontknoping word ‘n spannende spinnerak van gebeure met ‘n verrassende einde. Dit is die perfekte leesstof vir lesers wat van iets anders as die alledaagse liefdesverhale hou.
Romance

Romance

  • Jojo Moyes Combo Offer (English, Paperback)
    $69.79 $133.29
  • The Princess Diaries Mia Goes Fourth (English, Paperback, Meg Cabot)
    $68.38 $129.93
  • The Choice (English, Paperback, Nicholas Sparks)
    $45.64 $61.61
  • Wartime Brides (English, Paperback, Jeannie Johnson)
    $50.54 $98.04
  • The Singles Game (English, Paperback, Lauren Weisberger)
    $77.3 $96.63
  • The Girl You Left Behind (English, Paperback, Jojo Moyes)
    $46.34 $90.36
  • Two by Two (English, Paperback, Nicholas Spark)
    $71.3 $111.94
  • The Princess Diaries Sixsational (English, Paperback , Meg Cabot)
    $71.94 $123.01
  • Atonement (English, Paperback, Ian Mcewan)
    $44.72 $76.03
  • Will You Still Love Me ? (English, Paperback, Ravinder Singh)
    $43.25 $56.65
  • A Daughter’s A Daughter (English, Paperback, Mary Westmacott)
    $54.84 $86.09
  • The Bridge Across Forever (English, Paperback, Richard Bach)
    $71.34 $93.46
  • Stranger in the Mirror (English, Paperback, Sidney Sheldon)
    $58.04 $86.48
  • The Great Gatsby (English, Hardcover, F. Scott Fitzgerald)
    $79.72 $152.27
  • Mini Shopaholic (Large Print) (English, Paperback, Sophie Kinsella)
    $58.91 $108.99
  • Where She Went (English, Paperback, Gayle Forman)
    $55.13 $105.31

© 2026 - BIEBSS.NL